17
May
1

Nie te lank gelede nie was daar ’n plaasseun in die Klein Karoo met sterre in sy oë en musiek in sy hart. In die klein dorpie waarin hy gewoon het, was die bronne wat hy benodig het maar skaars; hy moes twee jaar lank vir ’n klavieronderwyseres wag. Boonop was daar geen musiekinstrumente in die huis nie. Dit het hom egter nie gestuit nie, want sy droom was groot en sy deursettingsvermoë onkeerbaar. Hy’t ’n plan gemaak deur ’n ry A3-papiere aanmekaar te plak, die klavier se note op skaal daarop af te teken en sy stem as plaasvervanger vir hamer teen snaar te gebruik. Vandag is daardie seun die talentvolle Tobi Jooste – suksesvolle sanger, model, TV-aanbieder, sakeman en skrywer – en sy sesde album, ’n Man se Hart, is pas uitgereik.
Net toe ons dink hy’t genoeg op sy kerfstok, reik hy vroeg in 2016 sy eerste DVD uit en sy boek, Daar is ‘n Eiffeltoring in sy boedel se eerste druk verkoop landwyd uit en hy kry die 4e plek vir Beste Afrikaanse Verkoper landwyd. Meer as 10 000 kopië verkoop en boekwinkels raap tans die tweede druk op!
Néé, Tobi gaan nie nou begin Gospelmusiek sing nie. Hierdie DVD se oorsprong lê dieper as dit. Na tien jaar in die musiekbedryf wou hy sy dankbaarheid vir sy talent en die voorreg om sy droom te kan lééf betoon deur sy nuutste vrystelling, DIE KATEDRAAL.

Die droom vir hierdie DVD het jare terug ontstaan ná ‘n spesiale ervaring in ‘n katedraal in Wenen, Oostenryk.

Hierdie DVD / CD is opgeneem deur die bekende Alli Heyns en Wildcam studios in ‘n regte katedraal met viole, cello, saksofoon, harmonica, kerkorrel (gespeel deur Martin Lane) en nog vele ander instrumente.
17 snitte van ou, vergete Hallelujas tot meer moderne verwerkings van Mozart met lirieke deur Lize Beekman. Terwyl jy luister na roerende liedere soos NADER MY GOD BY U, toon daar die mooiste beeldmateriaal van katedrale van reg oor die wêreld.
Tobi Jooste het weereens bewys hoekom mense sê hy is in ‘n klas van sy eie.
Vind meer uit oor daardie katedraal-ervaring en die storie hoe die dood van sy geliefde Oupa en Ouma hom onder die Eiffeltoring gebring het en hoe sy droom om ander op te lig met sy boek, eie genesing gebring het.
CLICK HIER vir die promosievideo: https://www.youtube.com/watch?v=zr8rPPEK_Ao

Learn more ...

21
Nov
1

View my website

GEBORE: Harrismith as predikant seun.

MATRIKULEER: Potchefstroom Gimnasium H/S  Potchefstroom in 1967.

STUDEER: RAU en PU vir CHO en Universiteit Stellenboch.

Bekwaam hom eers as onderwyser daarna as predikant.

GEMEENTE: NG Helderberg Somerset-Wes

GETROUD: met Jeanette onderwyseres uit Namibie

KINDERS: Petri, Jacomien en Arnold

Sedert 1983 is hy voltyds besig met musiek en sangbediening. Wenner van 2 Sarie-toekennings vir die beste komposisie van die jaar 1975 “Ek verlang na jou” en 1976 “Sonder jou”

Tientalle komposisies deur bekende kunstenaars opgeneem. Neem gereeld deel aan radioprogramme en TV uitsendings. Bied op Radio Orion n weeklikse program van eietydse geestelike musiek aan (1989-1991) Tree ook as aanbieder  in n  TV. Program op SABC 2 :Soeklig” op.

Tree landwyd en oorsee met geestelike konserte op.

Wenner van verskeie nasionale musiektoekennings vir gospelproduksies (SARIE, LIER en SAMA)

KINDERPRODUKSIES: LOFLAAITIES en LOFKLEUTERS waarvan n aantal goue status verwerf het.. Sowel as LIEDBOEK vir KINDERS. Stigterslid van Sagma en Christian Artists  SA en neem leierposisie in onder gospelkunstenaars in SA.

Reeds 46 musiekalbums vrygestel

Skrywer en of medeskrywer van n aantal boeke o.a. “Wat sal Jesus doen” wat in 1999 die nasionale toekenning gewen het.

SPORTBELANGSTELLINGS: Het reeds verskeie marathonne   en ander wedlope o.a. 10 Comrades Marathonne oor 90 kilometer suksesvol voltooi.

Lofkleuter DVD 1 – goud  verkoop
Lofkleuter DVD 2 – Platinum verkoop
Lofkleuter DVD 3  so pas uitgekom
Lofkleuter DVD 4  so pas uitgekom

Learn more ...

21
Nov
1

Met sy nuwe album, Stuur My, deel Dewald Gouws nie net sy hart met gemeentes van alle denominasies nie, maar ook met elke man in die straat.

Stuur My, kom op aanvraag van sy aanhangers, na die impak van sy laaste vrystelling, Verhaal van Glorie. Stuur My bestaan uit 17 snitte, waarvan 8 oorspronklike liedjies isgeskryf deur onderskeidelik Dewald, Carle van Deventer en Marnus Bergh.

Die titelsnit van die album vloei uit Dewald se verhouding met God en word beste verwoord deur Jes 6:8:
“Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, Stuur My.”

Sy nederige en eerlike aanslag met Verhaal van Glorie, het toegelaat dat gemeentes regoor die land hul platforms vir Dewald oopstel om sy hart met hulle te deel. Die Mighty Men beweging gebruik hom dan ook dikwels by hul saamtrekke waar die mans in eenheid saamkom om eerlik en oop voor God te staan. Dewald se eerlike aanslag spreek duidelik tot
die harte van hierdie mans.

Met Stuur My, het Dewald iets besonders gedoen. Daar is 20 nuwe lofprysing en aanbiddings musiekvideos ingesluit. Die lirieke van hierdie musiekvideos word aangetoon en is spesifiek vir alle gemeentes, selgroepe, kerkkampe, manne en vroue kampe, maar ook vir intieme, stil word oomblikke vir elke individu bedoel. Lekker saamsing geleenthede wanneer daar nie instrumente beskikbaar is nie.

Met sy mooi gemoduleerde tenoorstem, is “Ware Liefde” nog ‘n nuwe lied wat Dewald hoop ‘n groot impak sal maak.

Wanneer hy nie musiek maak nie, is Dewald ‘n ware gesinsman. Sy lewe draai om sy vrou, Nesta, en hul kinders, Denrique en Chenesse. Dewald sê: ”God het die gesin ingestel sodat ons as mens Hom beter as ‘n Vader kan verstaan, waar ons inpas en ook hoe om te leer om met ander oor die weg te kom.”

“Ek staan dikwels verstom as ek sien hoe verskillend en tog ook uniek my eie kinders is, en ek glo ook dis hoe God na ons kyk. Almal perfek gemaak na Sy beeld, uniek en tog baie verskillend. Onthou dit maar gerus die volgende keer as jy na iemand kyk met afguns, wraak of hoogmoed. Jesus het daardie mens net so lief gehad en ook vir sy sonde betaal – en jy sal verbaas wees hoe die persoon se beeld in jou eie oë verander,” voeg Dewald by.

Dewald hoop om met Stuur My, ‘n ontvanklikheid in mense se harte te skep sodat die Gees van God die oortuigingswerk kan doen.

Stuur My sal in April 2014 in winkels beskikbaar wees.

Vir meer oor Dewald se musiek, sy geloof, sy bediening en sy optredes, besoek
www.dewaldgouws.co.za
https://www.facebook.com/dewaldgouwsgospel/

Learn more ...

21
Nov
1


Mari Michael is ‘n 31  jarige Gospel sangeres. Sy het twee albums vrygestel “God Bless Africa” en “Droom”.

Sy het vir die laasgenoemde twee ATKV Lier toekennings verwerf nl Beste Dames Vokaal en Beste Nuwe Komposisie vir haar liedjie “Ek is nooit alleen nie”. Die liedjie vir Mari nuwe betekenis aangeneem in Kersfees van 2008. Mari was gediagnoseer met kanker toe sy 4 maande sanger was. Na ‘n gevaarlike operasie en 6 chemo terapie behandelings was Kendra Horner gebore op 20 Mei 2009 na 36 ure in kraam, met ‘n nood keiser. Dean and Mari het haar Kendra genoem, it beteken  ‘Greatest Champion’, omdat sy deur soveel geveg het om in die wêreld te kom.

Gedurende hierdie tyd het sy vas gehou aan die Here en geglo dat Hy hulle beide sal deurdra en genees. Mari is nou al reeds 15 maande kanker vry! Prys die Here!

Mari is beskikbaar vir:

Eredienste, Ma en dogter-oggende,Dames + manskonferensies, Gospelfeeste en ander geleenthede as sangeres en/of spereker.
BEDIENING

Wees sterk en vol moed/ Strong and Courageous

… is Mari se getuienis oor hoe om sterk en vol moed te bly deur moelike tye. Sy deel uit haar eie lewe en ervaringe as ‘n kanker oorwinnaar. Mari sê altyd ‘ons kan nie rondom die dal van doodskaduwee loop nie, dis iets waardeur ons moet gaan. Laat sy jou inspireer met haar borrelende persoonlikheid en vreugde. Dit duur ongeveer 45 minute dan ly sy ook die sang.

Blits biografie: Tv+Verhoogwerk

 

* Backstage: Melissa Fisher

* 7e Laan: Gerda Buys

* 1e Album God Bless Africa

* 2e Album Droom 2008

* 2009 AKTV Lier toekenning

beste Dames vokaal

beste nuwe komposisie – Ek s nooit alleen nie

*2005 People magazine wenner: best Female Newcomer

Learn more ...

21
Nov
1

The name Arnold de Wet wouldn’t necessarily cut it in the English Rock market, so Bluehouse happened. Why? Blue is his favourite colour (if he had a house it would be blue), and then there is that spiritual thing about a house…

1 Peter 2:5 (Living Bible): “And now you have become living building stones for God’s use in building His house. What’s more, you are his holy priests – so come to Him [you who are acceptable to Him because of Jesus Christ] – and offer to God those things that please Him.”

Just to put the man in context; yes, he is the brother of Petri D, as well as the son of pioneer Christian artist, Jan de Wet. But that’s that. He does not look or sound like any of them at all… EVER.

As a matter of fact, even though he seems to be the one who waited the longest to get going (22 years!), he seems to be the more artistic of the siblings. He started playing guitar in St. 6 and knew since high school that music was what God wanted him to do (which explained that nasty business economics score). Arnold started writing songs in matric. He was in love – so he wrote her a song… and found out that he actually could! He preferred writing in English (Afrikaans just didn’t suite his high school skateboard junkie image at all)!

Then school came to an end and life as an adult (the surf and the sea…) winked. Knowing his destiny, Arnold decided to go and study at Rhema for the next two years. His Creative Ministry Major helped a lot when afterwards he joined his brother (Petri) touring. Those must have been his preparation years. He was the one who carried the speakers and then did the opening act for Innervision. He also worked in his bother’s studio – Squeeky Clean Productions, mixing and recording CD’s (including Petri’s solo albums – for which he wrote most of the songs).

But his day was fast approaching. Petri was performing at the Godly Revolution festival, so they approached Arnold to hear if he wanted to do something too. Never one to say no to a gig, Arnold decided that this was a great opportunity to get his career going. He got together some of his friends and Bluehouse was formed right then and there. Gerrie Pansegrouw (music pastor and his guitar teacher at Rhema) was on lead guitar, Stass (producer and session musician) handled bass and Andries Visser did the honours on drums. These are some of the best musos this country has on offer. They did the gig, decided that they liked the “band” feeling and kept at it.

Arnold has a lot of respect for “the guys”. He describes them as fellows with hearts for the Lord and for ministry. Even though they have many original songs to use when they perform, they really have a heart for worship. They would do only worship if that was what the Lord leaded them to do. They describe their music style as contemporary rock and modern worship – very unique. Arnold: “We like to include the crowd in the music. We are there to create a platform for people to participate in worship. We also feel that somehow we bridge the ever-growing gap between generations.” The older generation feels that the young people are disrespectful and loud. The younger generation feels misunderstood and left out. When the two do not relate in any way, the church hits a dead end. But for some reason Bluehouse reaches both generations. At a concert they teach everyone the chorus lines, and young and old connect and sing along when they perform the song. It is actually quite supernatural how they all enjoy the music.

The band members still play a very active role in their local churches. Arnold himself is employed at his church (Cardia – previously known as AFM JHB South) as a worship leader. He runs the arts department in the church as well, which keeps him quite busy. Besides that he is running his own studio called Bluehouse Studios where he records his and Petri’s albums, demos and voice-overs.

Arnold listens to any kind of music and to just about nothing at all. He doesn’t want to hear too much, as he wants to develop his own style when he writes – without too much influence from the bands already in the loop. But when he does listen, people that impress him are people like Morning Star, Tree 63 and Switchfoot. He even listens to secular bands like Coldplay and the Goo Goo Dolls. He says he does not want to be controversial, but sometimes these secular bands have a single sentence in one of their songs, and it just fits in… it means something in his life… God uses it to speak to him. But when he listens to worship music, he doesn’t only listen to it for the sake of listening, or just for entertainment, he uses it to get into the presence of God.

His role models…

Arnold wanted to be just like Steven Curtis Chapman during high school (it could be the guitar thing…), and then there is also Keith Green – a guy who gave the word “radical” new meaning. He proclaimed the message God gave him and he never cared what people thought of him.

When you try and pry out of him his plans for the future, he is not certain. He is getting married soon. Besides that it’s Bluehouse for now… Arnold: “it would be cool if I could someday become a pastor at a church” (he is already qualified). He wants to have a lasting impact on people’s lives. He wants to be a producer as well. And then he would also like to do something big in business. He has enough plans to last him a lifetime, and beyond, but God will have to show him. In the meantime he will be faithful with what he has now… and wait and see.

 

Learn more ...

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar