21
Nov
1

Anna Davel is ‘n Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres. Sy is in 1997 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van haar treffers sluit in: Die Gypsy in jou oë en Te lank al.

Learn more ...

1

EK HET MENS GEWORD : In Kroonstad, middelste van 5 kinders, skryf matriek aan die Blou Skool

EK HET MY VERSTAND LOOP KRY : Op Stellenbosch waar ek drama gaan swot het en op my liefste man verlief geraak het.

EK HET UITEINDELIK GROOT GEWORD : In George waar ons 21 jaar van ‘n vol en ryk lewe uit die hand van God ontvang het en ek elke werk wat voorkom, probeer het – alles ‘n voorbereiding vir wat ek vandag doen!

My liefste man is Coert, ‘n WOUD – EKOLOOG, en ons het vier kinders, twee dogters en twee seuns waarvan die oudste 33 en die jongste 24 is. Ons het ook reeds een kosbare skoonseun.

Ons Vader gebruik my op die oomblik as omroeper by Radio Kansel (is nou 15 jaar by Kansel betrokke), as spreker, skryfster en as lig – selfs in die poskantoor se ry, en dit is ‘n fees!

Daar is net een versugting in my lewe – dat Vader my sal gereed maak om deel van Sy bruid te wees.

Voorbeeld van onderwerpe:

1. Verhouding met ons Vader, Jeses en Heilige Gees
2. Die voorbereiding van die Bruid van Jesus
3. Die proses van sterf aan ‘self’ en leef in Hom
4. Gebed wat werk en Woord wat voed.

SY BEDIEN OOK PROFETIES EN HOOR BY DIE HERE AS JULLE NIE N ONDERWERP GEE NIE.

Learn more ...

21
Nov
1

View my Website

Piet Smit is gebore in Lydenburg, op Kersdoggend (1956), maar het in Valhalla, Pretoria grootgeword. Hy het ‘n ouer broer en ‘n jonger suster. Op 13 het hy vir die eerste keer op sy broer se kitaar begin speel, maar het nooit formele lesse gehad nie.

In 1974 matrikuleer hy aan die Hoërskool Voortrekkerhoogte, ook die jaar waarin hy in die skool se operette die hoofrol speel.
Met sy eerste salaristjek, van ‘n vakansiewerk na matriek, het hy toe sy eerste kitaar gekoop – ‘n 12 snaar Ibanez. Diensplig het vir hom bestaan uit trompet speel en vragmotors bestuur. Hy was ‘n drywer in die militêre orkes op Lenz, buite Johannesburg. Na diensplig het hy begin werk as ‘n meganiese tekenaar by ‘n Raadgewende Ingenieursmaatskappy in Pretoria.

Kort daarna is hy getroud met Elmarie en uit die huwelik is twee seuns, Johan en Leon gebore. Die begin was maar moeilik, en vir ongeveer 10 jaar het hy in Pretoria se kroeë en restaurante musiek gemaak vir ‘n ekstra inkomste. Hy het later by Krygkor begin werk waar hy opgelei is as Tegniese Skywer en Illustreerder. In 1988 het hy sy eie besigheid begin en Tegniese handleidings geskryf in die breë Elektro-Meganiese Ingenieurswese veld.

In Januarie 1989 het hy tot bekering gekom, en het die Here letterlik oornag vir hom die talent gegee om musiek te skep. Binne een jaar na sy bekering het die produksie “Man in die Middel” die lig gesien. Sederdien het hy al nege solo produksies opgeneem en ses duet-produksies saam met Danie Botha. Al die liedjies wat hy skryf word gebore uit sy eie ervarings en ondervindings saam met God. Hy poog om die gawe wat God vir hom gegee het net tot Sy eer te gebruik.

Alhoewel hy vir jare die begeerte en roeping gehad het om voltyds te sing, het hy vir jare net oor naweke opgetree. In Mei 1994 het die Here vir hom vrede gegee dat hy maar vir Hom kan gaan werk, en Hy het dit ook duidelik uit Sy Woord bevestig. Hy het toe sy besigheid summier toegemaak en staan sederdien voltyds in ‘n sangbediening en lewe totaal in geloof.

Buiten optredes in feitlik elke dorp en stad in Suid Afrika, tree Piet ook gereeld in die buiteland op. Dit sluit in optredes in Namibië, Zimbabwe, Engeland, Holland, Kanada, die VSA, Australië en Nieu Zeeland.

Piet se musiekstyl het ‘n rustige, een-kitaar-een-stem klank. Die boodskap van sy bediening is om aan die tradisionele (of gewoonte Christen) te probeer tuisbring dat daar baie meer in Christenskap opgesluit lê as om net kerk toe te gaan en betrokke te wees by kerksake. Hy wil vertel van ‘n intieme, persoonlike verhouding wat God met ons verlang, van die oorwinning wat daar vir ons is in Christus en die krag wat die Heilige Gees tot ons beskikking gestel het. Piet sê: “Dit help ook nie om net die teorie hiervan te preek nie – ons moet ons geloof prakties uitleef en ook die vrug dra wat by bekering pas. En, alhoewel ek baie val, is dit waarna ek streef. Ek wil ophou preke lewer en begin om die preke te lewe!”

Vandag sentreer sy belangstellings hoofsaaklik rondom musiek en musiekinstrumente. Beide sy seuns is kranige musikante. Op die kantlyn hou Piet homself besig met skryfwerk en die aanbied van radio- en televisieprogramme. Hy is ook ‘n ervare SCUBA duiker en gebruik elke moontlike stukkie vryetyd om te gaan “borrels blaas”.

Tot dusver het ses van Piet se albums goue status verwerf. Sy produksie “Heer U maak my nuut” het geskiedenis gemaak toe dit platinum status bereik het. Dit was die eerste Christelike album deur ‘n voltydse Afrikaanse Christelike kunstenaar in Suid Afrika wat daardie eer verwerf het.

Learn more ...

21
Nov
1

Suid Afrika se Diva!! maak haar verhoogdebuut op 5 jarige ouderdom en neem gedurende haar skoolloopbaan aan verskeie verhoogproduksies deel. Daarna volg drama studies aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ook sang onderrig ontvang van Prof. George van der Spuy. Arina woon daarna vir ‘n paar jaar in Namibia waar sy bekendheid verwerf met verskeie TV – en Swaruk – musiek en drama produksies en as wenner van ‘n nationale musiekkompetisie.

Sy maak haar SA televisie buiging in Spies en Plessis met haar en Jan Spies se liedjie “Rietjiesfluit”. Sy vestig haar daarna in Pretoria en haar debuut CD word in 1992 vrygestel. Die album sluit o.a. “Wals van die Somer” en Skatkis vol Drome” in. Op “No Regrets” haar volgende album wat in 1994 uitgereik is, is talle immergewilde, romantiese treffers in Engels en Frans.

In 1996 verskyn ‘n Afrikaanse album “Voorbegin” met talle gewilde radiotreffers. Dit word gevolg met die baie gewilde “Voices” in 1998 en “Encore” ‘n versameling van grootste treffers in 2000. 2001 Sorg vir ‘n dubbel album “Maybe it was Magic” gevolg deur die 2003 vrystelling van “This Time” waarop Arina die musiek van Nana Mouskouri laat herleef. In 2005 stel sy ‘n versamel album “Arina sing Jan Spies” vry met die storieverteller se lirieke. ‘n Dubbel CD “Die Beste van / Best of Arina de Witt” verskyn in 2005.

TV optredes sluit in Noot vir Noot, Spies en Plessis, Musiekforum, Geraas, Maak ‘n Las, Boksemdais, Belboks, Collage, Tussen ons, Kwela, Dis hoe dit is, Liriekeraai ens. Musiekvideos soos Midnight Blue, Voices, Ek verlang na jou, Voorbegin, I will love again en Op asem van engele word uitgereik.

Landswye verhoogoptredes hou Arina voltyds besig en wanneer sy tuis is in Pretoria, is dit tyd vir haar gesin so tussen deur die gesing.

Gabriella’s Song – Arina de Witt Jan van Dyk • 7.3K views
Arina de Witt – Rietjiesfluit (Lirieke deur Jan Spies)
Non Je Ne Regrette Rien – Arina de Witt Jan van Dyk • 3K views

Learn more ...

1

As ‘n deurwinterde sanger van beide klassieke en ligte liedjies,
is die innemende Manuel Escorcio bekend as die man met die ‘goue’ stem.
Dit was as opera sanger dat hy resensente en gehore gaande gehad het, maar dit is veral as sanger van ligte musiek dat hy wye aanvaarding en bekendheid verwerf het.
Hy is geseen met ‘n helder liriese Tenoor stem wat hy beskou as ‘n gawe van Bo.
Sy musiek is vir hom alles. In ‘n ou dagboek het hy by geleentheid geskryf: Ek leef nie van my musiek nie, maar ek leef vir die musiek.

Agter die stem is ‘n spontane, warm mens – ‘n ewige optimis met ‘n borrelende humorsin en lewensvreugde.
Hy besit ‘n graad in Teologie, ‘n B. Mus. Graad (Universiteit Stellenbosch) en ‘n Meestersgraad in Musiek (Universiteit Kaapstad) sowel Lisensiate in Musiek van die Royal Schools of Music in London, UNISA en ‘n Fellowship van die Trinity College of Music.
Sy oorlede Pa was ‘n Portugees van Madeira en sy Ma se familie kom van Mauritius af.
As sewentienjarige het Manuel uit Mozambiek in Suid-Afrika aangekom op soek na sy plekkie in die son.
Hy kon nie ‘n woord Engels of Afrikaans praat nie. Vandag sing hy vlot in 7 tale.
Hy het hom by die Helderberg Hoerskool gematrikuleer in Somerset Wes. Hier, in sy nuwe vaderland het hy alles ontvang wat vir hom dierbaar is – sy twee seuns Marschant en Chandre, sy musiek, ‘n tuiste, natuurskoon, ‘n vriende en ondersteunerskring en ‘n toekoms …

In 1983 was hy die eerste kunstenaar om in Afrikaans te sing in die Sun City se Super Bowl met die Gerry Bosman orkes.
Hy sing dikwels met sangmaats Janita Claassen, Charl van Heyningen en Rina Hugo.
Op die gebied van sang het hy alles bereik wat hy kon:
Twee Sarie toekenings, ‘n Artes toekening, ‘n OKTV-prys in die afdeling Gospel-musiek, die Nederburg, SAUK en SAMRO pryse , 3 goue plate, ‘n Platinum plaat en selfs die uitsonderlike eer van die title “Comendador” van die Portugeese regering.

Manuel is in die destydse L.M. gebore. 16 Desember is sy verjaarsdag. Hier het hy as ‘n arm seun grootgeword. As kind het hy geen blootstelling aan musiek gehad nie. Hy vertel graag hoe sy talent as ‘t ware onder ‘n stort in ‘n seunskoshuis ontedek is. Hy het altyd probeer om soos Mario Lanza te sing – sommer vir die grap.
Wilhelmina Dunbar was sy eerste sang ondersyser.
Prof. George van der Spuy het by die Konservatorium vir Musiek of Stellenbosch sy stem verder ontwikkel vir sy sangloopbaan. Van 1977 tot 1979 was hy aangestel as dosent by die Musiek Fakulteit van Stellenbosch Universiteit.
Sy stem is in Desember 1974 vir die eerste keer oor die Radio gehoor in Esme Euvrard se program, Esme se Musiekalbum.
As hooftenoor van KRUIK het hy in meer as 30 operas gesing.
Hy het nou meer as 4.000 konsert gedoen oor die hele wereld en oor die 2 miljoen kms afgele in Suid Afrika se paaie.

Hy het tot datum 36 CD’s opgeneem in verskeie genres: Afrikaans, Klassiek, Portugees, Gospel, Kersfees en kinders. Hy het ook 2 volle Videos oorsee opgeneem.
Manuel Escorcio is een van ons trotse uitvoer produkte. Hy sing dikwels in the V.S.A., Alaska, Canada, Australia, Brasilia, NieeuSeeland, Filippeinse Eilande, Venezuela, Portugal & Fiji.
Suid-Afrika kan trots wees op ‘n sanger soos hy.

Sy sang tref veral vanwee die onberispelike musikaliteit, die waarde wat hy aan die woorde van ‘n lied heg, sensitiewe frasering, en die byna sensuele emosie van die Latynse bloed wat deur sy are vloei …
Sit terug en geniet die kuns van ‘n goeie sanger, ‘n gawe kerel …
‘n meester van die verhoog … Hy is een uit duisend.

Learn more ...

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar