Dewald Gouws

21
Nov
Dewald Gouws

Met sy nuwe album, Stuur My, deel Dewald Gouws nie net sy hart met gemeentes van alle denominasies nie, maar ook met elke man in die straat.

Stuur My, kom op aanvraag van sy aanhangers, na die impak van sy laaste vrystelling, Verhaal van Glorie. Stuur My bestaan uit 17 snitte, waarvan 8 oorspronklike liedjies isgeskryf deur onderskeidelik Dewald, Carle van Deventer en Marnus Bergh.

Die titelsnit van die album vloei uit Dewald se verhouding met God en word beste verwoord deur Jes 6:8:
“Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, Stuur My.”

Sy nederige en eerlike aanslag met Verhaal van Glorie, het toegelaat dat gemeentes regoor die land hul platforms vir Dewald oopstel om sy hart met hulle te deel. Die Mighty Men beweging gebruik hom dan ook dikwels by hul saamtrekke waar die mans in eenheid saamkom om eerlik en oop voor God te staan. Dewald se eerlike aanslag spreek duidelik tot
die harte van hierdie mans.

Met Stuur My, het Dewald iets besonders gedoen. Daar is 20 nuwe lofprysing en aanbiddings musiekvideos ingesluit. Die lirieke van hierdie musiekvideos word aangetoon en is spesifiek vir alle gemeentes, selgroepe, kerkkampe, manne en vroue kampe, maar ook vir intieme, stil word oomblikke vir elke individu bedoel. Lekker saamsing geleenthede wanneer daar nie instrumente beskikbaar is nie.

Met sy mooi gemoduleerde tenoorstem, is “Ware Liefde” nog ‘n nuwe lied wat Dewald hoop ‘n groot impak sal maak.

Wanneer hy nie musiek maak nie, is Dewald ‘n ware gesinsman. Sy lewe draai om sy vrou, Nesta, en hul kinders, Denrique en Chenesse. Dewald sê: ”God het die gesin ingestel sodat ons as mens Hom beter as ‘n Vader kan verstaan, waar ons inpas en ook hoe om te leer om met ander oor die weg te kom.”

“Ek staan dikwels verstom as ek sien hoe verskillend en tog ook uniek my eie kinders is, en ek glo ook dis hoe God na ons kyk. Almal perfek gemaak na Sy beeld, uniek en tog baie verskillend. Onthou dit maar gerus die volgende keer as jy na iemand kyk met afguns, wraak of hoogmoed. Jesus het daardie mens net so lief gehad en ook vir sy sonde betaal – en jy sal verbaas wees hoe die persoon se beeld in jou eie oë verander,” voeg Dewald by.

Dewald hoop om met Stuur My, ‘n ontvanklikheid in mense se harte te skep sodat die Gees van God die oortuigingswerk kan doen.

Stuur My sal in April 2014 in winkels beskikbaar wees.

Vir meer oor Dewald se musiek, sy geloof, sy bediening en sy optredes, besoek
www.dewaldgouws.co.za
https://www.facebook.com/dewaldgouwsgospel/

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar