Tobi Jooste

17
May
Tobi Jooste

Nie te lank gelede nie was daar ’n plaasseun in die Klein Karoo met sterre in sy oë en musiek in sy hart. In die klein dorpie waarin hy gewoon het, was die bronne wat hy benodig het maar skaars; hy moes twee jaar lank vir ’n klavieronderwyseres wag. Boonop was daar geen musiekinstrumente in die huis nie. Dit het hom egter nie gestuit nie, want sy droom was groot en sy deursettingsvermoë onkeerbaar. Hy’t ’n plan gemaak deur ’n ry A3-papiere aanmekaar te plak, die klavier se note op skaal daarop af te teken en sy stem as plaasvervanger vir hamer teen snaar te gebruik. Vandag is daardie seun die talentvolle Tobi Jooste – suksesvolle sanger, model, TV-aanbieder, sakeman en skrywer – en sy sesde album, ’n Man se Hart, is pas uitgereik.
Net toe ons dink hy’t genoeg op sy kerfstok, reik hy vroeg in 2016 sy eerste DVD uit en sy boek, Daar is ‘n Eiffeltoring in sy boedel se eerste druk verkoop landwyd uit en hy kry die 4e plek vir Beste Afrikaanse Verkoper landwyd. Meer as 10 000 kopië verkoop en boekwinkels raap tans die tweede druk op!
Néé, Tobi gaan nie nou begin Gospelmusiek sing nie. Hierdie DVD se oorsprong lê dieper as dit. Na tien jaar in die musiekbedryf wou hy sy dankbaarheid vir sy talent en die voorreg om sy droom te kan lééf betoon deur sy nuutste vrystelling, DIE KATEDRAAL.

Die droom vir hierdie DVD het jare terug ontstaan ná ‘n spesiale ervaring in ‘n katedraal in Wenen, Oostenryk.

Hierdie DVD / CD is opgeneem deur die bekende Alli Heyns en Wildcam studios in ‘n regte katedraal met viole, cello, saksofoon, harmonica, kerkorrel (gespeel deur Martin Lane) en nog vele ander instrumente.
17 snitte van ou, vergete Hallelujas tot meer moderne verwerkings van Mozart met lirieke deur Lize Beekman. Terwyl jy luister na roerende liedere soos NADER MY GOD BY U, toon daar die mooiste beeldmateriaal van katedrale van reg oor die wêreld.
Tobi Jooste het weereens bewys hoekom mense sê hy is in ‘n klas van sy eie.
Vind meer uit oor daardie katedraal-ervaring en die storie hoe die dood van sy geliefde Oupa en Ouma hom onder die Eiffeltoring gebring het en hoe sy droom om ander op te lig met sy boek, eie genesing gebring het.
CLICK HIER vir die promosievideo: https://www.youtube.com/watch?v=zr8rPPEK_Ao

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar