Jan de Wet

21
Nov
Jan de Wet

View my website

GEBORE: Harrismith as predikant seun.

MATRIKULEER: Potchefstroom Gimnasium H/S  Potchefstroom in 1967.

STUDEER: RAU en PU vir CHO en Universiteit Stellenboch.

Bekwaam hom eers as onderwyser daarna as predikant.

GEMEENTE: NG Helderberg Somerset-Wes

GETROUD: met Jeanette onderwyseres uit Namibie

KINDERS: Petri, Jacomien en Arnold

Sedert 1983 is hy voltyds besig met musiek en sangbediening. Wenner van 2 Sarie-toekennings vir die beste komposisie van die jaar 1975 “Ek verlang na jou” en 1976 “Sonder jou”

Tientalle komposisies deur bekende kunstenaars opgeneem. Neem gereeld deel aan radioprogramme en TV uitsendings. Bied op Radio Orion n weeklikse program van eietydse geestelike musiek aan (1989-1991) Tree ook as aanbieder  in n  TV. Program op SABC 2 :Soeklig” op.

Tree landwyd en oorsee met geestelike konserte op.

Wenner van verskeie nasionale musiektoekennings vir gospelproduksies (SARIE, LIER en SAMA)

KINDERPRODUKSIES: LOFLAAITIES en LOFKLEUTERS waarvan n aantal goue status verwerf het.. Sowel as LIEDBOEK vir KINDERS. Stigterslid van Sagma en Christian Artists  SA en neem leierposisie in onder gospelkunstenaars in SA.

Reeds 46 musiekalbums vrygestel

Skrywer en of medeskrywer van n aantal boeke o.a. “Wat sal Jesus doen” wat in 1999 die nasionale toekenning gewen het.

SPORTBELANGSTELLINGS: Het reeds verskeie marathonne   en ander wedlope o.a. 10 Comrades Marathonne oor 90 kilometer suksesvol voltooi.

Lofkleuter DVD 1 – goud  verkoop
Lofkleuter DVD 2 – Platinum verkoop
Lofkleuter DVD 3  so pas uitgekom
Lofkleuter DVD 4  so pas uitgekom

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar