Manuel Escorcio

21
Nov
Manuel Escorcio

As ‘n deurwinterde sanger van beide klassieke en ligte liedjies,
is die innemende Manuel Escorcio bekend as die man met die ‘goue’ stem.
Dit was as opera sanger dat hy resensente en gehore gaande gehad het, maar dit is veral as sanger van ligte musiek dat hy wye aanvaarding en bekendheid verwerf het.
Hy is geseen met ‘n helder liriese Tenoor stem wat hy beskou as ‘n gawe van Bo.
Sy musiek is vir hom alles. In ‘n ou dagboek het hy by geleentheid geskryf: Ek leef nie van my musiek nie, maar ek leef vir die musiek.

Agter die stem is ‘n spontane, warm mens – ‘n ewige optimis met ‘n borrelende humorsin en lewensvreugde.
Hy besit ‘n graad in Teologie, ‘n B. Mus. Graad (Universiteit Stellenbosch) en ‘n Meestersgraad in Musiek (Universiteit Kaapstad) sowel Lisensiate in Musiek van die Royal Schools of Music in London, UNISA en ‘n Fellowship van die Trinity College of Music.
Sy oorlede Pa was ‘n Portugees van Madeira en sy Ma se familie kom van Mauritius af.
As sewentienjarige het Manuel uit Mozambiek in Suid-Afrika aangekom op soek na sy plekkie in die son.
Hy kon nie ‘n woord Engels of Afrikaans praat nie. Vandag sing hy vlot in 7 tale.
Hy het hom by die Helderberg Hoerskool gematrikuleer in Somerset Wes. Hier, in sy nuwe vaderland het hy alles ontvang wat vir hom dierbaar is – sy twee seuns Marschant en Chandre, sy musiek, ‘n tuiste, natuurskoon, ‘n vriende en ondersteunerskring en ‘n toekoms …

In 1983 was hy die eerste kunstenaar om in Afrikaans te sing in die Sun City se Super Bowl met die Gerry Bosman orkes.
Hy sing dikwels met sangmaats Janita Claassen, Charl van Heyningen en Rina Hugo.
Op die gebied van sang het hy alles bereik wat hy kon:
Twee Sarie toekenings, ‘n Artes toekening, ‘n OKTV-prys in die afdeling Gospel-musiek, die Nederburg, SAUK en SAMRO pryse , 3 goue plate, ‘n Platinum plaat en selfs die uitsonderlike eer van die title “Comendador” van die Portugeese regering.

Manuel is in die destydse L.M. gebore. 16 Desember is sy verjaarsdag. Hier het hy as ‘n arm seun grootgeword. As kind het hy geen blootstelling aan musiek gehad nie. Hy vertel graag hoe sy talent as ‘t ware onder ‘n stort in ‘n seunskoshuis ontedek is. Hy het altyd probeer om soos Mario Lanza te sing – sommer vir die grap.
Wilhelmina Dunbar was sy eerste sang ondersyser.
Prof. George van der Spuy het by die Konservatorium vir Musiek of Stellenbosch sy stem verder ontwikkel vir sy sangloopbaan. Van 1977 tot 1979 was hy aangestel as dosent by die Musiek Fakulteit van Stellenbosch Universiteit.
Sy stem is in Desember 1974 vir die eerste keer oor die Radio gehoor in Esme Euvrard se program, Esme se Musiekalbum.
As hooftenoor van KRUIK het hy in meer as 30 operas gesing.
Hy het nou meer as 4.000 konsert gedoen oor die hele wereld en oor die 2 miljoen kms afgele in Suid Afrika se paaie.

Hy het tot datum 36 CD’s opgeneem in verskeie genres: Afrikaans, Klassiek, Portugees, Gospel, Kersfees en kinders. Hy het ook 2 volle Videos oorsee opgeneem.
Manuel Escorcio is een van ons trotse uitvoer produkte. Hy sing dikwels in the V.S.A., Alaska, Canada, Australia, Brasilia, NieeuSeeland, Filippeinse Eilande, Venezuela, Portugal & Fiji.
Suid-Afrika kan trots wees op ‘n sanger soos hy.

Sy sang tref veral vanwee die onberispelike musikaliteit, die waarde wat hy aan die woorde van ‘n lied heg, sensitiewe frasering, en die byna sensuele emosie van die Latynse bloed wat deur sy are vloei …
Sit terug en geniet die kuns van ‘n goeie sanger, ‘n gawe kerel …
‘n meester van die verhoog … Hy is een uit duisend.

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar