Arina de Witt

21
Nov
Arina de Witt

Arina maak haar verhoogdebuut op 5 jarige ouderdom en neem gedurende haar skoolloopbaan aan verskeie verhoogproduksies deel. Daarna volg drama studies aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ook sang onderrig ontvang van Prof. George van der Spuy. Arina woon daarna vir ‘n paar jaar in Namibia waar sy bekendheid verwerf met verskeie TV – en Swaruk – musiek en drama produksies en as wenner van ‘n nationale musiekkompetisie.

Sy maak haar SA televisie buiging in Spies en Plessis met haar en Jan Spies se liedjie “Rietjiesfluit”. Sy vestig haar daarna in Pretoria en haar debuut CD word in 1992 vrygestel. Die album sluit o.a. “Wals van die Somer” en Skatkis vol Drome” in. Op “No Regrets” haar volgende album wat in 1994 uitgereik is, is talle immergewilde, romantiese treffers in Engels en Frans.

In 1996 verskyn ‘n Afrikaanse album “Voorbegin” met talle gewilde radiotreffers. Dit word gevolg met die baie gewilde “Voices” in 1998 en “Encore” ‘n versameling van grootste treffers in 2000. 2001 Sorg vir ‘n dubbel album “Maybe it was Magic” gevolg deur die 2003 vrystelling van “This Time” waarop Arina die musiek van Nana Mouskouri laat herleef. In 2005 stel sy ‘n versamel album “Arina sing Jan Spies” vry met die storieverteller se lirieke. ‘n Dubbel CD “Die Beste van / Best of Arina de Witt” verskyn in 2005.

TV optredes sluit in Noot vir Noot, Spies en Plessis, Musiekforum, Geraas, Maak ‘n Las, Boksemdais, Belboks, Collage, Tussen ons, Kwela, Dis hoe dit is, Liriekeraai ens. Musiekvideos soos Midnight Blue, Voices, Ek verlang na jou, Voorbegin, I will love again en Op asem van engele word uitgereik.

Landswye verhoogoptredes hou Arina voltyds besig en wanneer sy tuis is in Pretoria, is dit tyd vir haar gesin so tussen deur die gesing.

Kunstenaars

RSS Feed

Ons is ‘n kerk vir vandag en môre se mense. Eietydse, lewensgetroue en aktiewe dissipels van Jesus in en vir ons gemeenskap. Hier wil ons van vreem...

Opkomende optrede

There are no upcoming events.

View Calendar